Bibles for Believers Bibles for Believers B4B Afrika

Afrikaanse Nuus -- Augustus & September 2010

Huidige Aktiwiteite

Bybeldae

Ontbyte/Etes

Uitreike en Bybelplasings

Gebedsversoeke

Huidige Bybelprojekte...

Nuusbrief Argief


Bybelstudies


Nuus - Augustus & September 2010

In hierdie maand se nuus...


'n Kreet om Hulp

Byna elke dag ontvang ek 'n kreet om hulp van iewers in die wêreld. Gee asseblief vir ons Bybels! Namate al meer mense van ons bediening in Suid-Afrika en in die buiteland hoor, skakel mense ons om hulle te help voldoen aan hul groot behoefte aan God se Woord.

Leraars, sendingleiers en individuele Christene skryf om ons te vertel hoe min Bybels beskikbaar is of hoe duur hulle is. Bedieninge wat nuwe kerke plant en diegene wat op dissipelskap fokus, vind dit al moeiliker om genoeg Bybels te verskaf aan die mense wat hulle vir Christus wen.

Aan die een kant moet ons juig. Die Evangelie vind vrugbare grond, mense word gered en kerke word geplant. Aan die ander kant moet ons diep besorg wees. God het ons die verantwoordelikheid gegee om dissipels van die nasies te maak. Mense moet verander word.

Om dit te laat gebeur, het mense God se Woord nodig.

Help ons om aan die toenemende getal versoeke te voldoen deur gebed en deur voortgesette vrygewigheid teenoor ons broers en susters in Christus. Help ons om ons bediening verder uit te brei om die lande in te sluit waar die versoeke vandaan kom. Laat God verheerlik word. Laat sy Woord beskikbaar raak vir al sy kinders.

Terug na begin..

24 Uur Gebed

Ons beplan al meer as 'n jaar lank om 'n 24-uur-gebedsbediening onder ons vennote te vestig. Talle van julle het reeds laat blyk dat julle 'n behoefte het om deel te neem en ek is seker baie sal by ons aansluit

Die idee is om een of meer halfuurgleuwe in 'n week te kies wanneer jy saam met en vir ons sal bid. Ons sal jou voorsien van gebedsversoeke vir ons onderskeie bedieninge. Ons het jou voorbidding nodig.

Hieronder is 'n voorbeeld van 'n 24-uur weeklikse kalender. Jy kan net die tydgleuf en jou vennootnommer (of jou naam en van) aan ons e-pos.

TYD Sondag Maandag Dinsdag --> Saterdag
00.00 - 00.30          
00.30 - 01.00          
01.00 - 01.30          
01.30 - 02.00          
|          
23.30 - 00.00          

Ons hoop om mettertyd al die gleuwe te vul en deurlopende gebed te hê.
As jy 'n tydgleuf kies, sê jy dat jy sal probeer om getrou op daardie tyd te bid - dit is nie 'n wetlik bindende ooreenkoms wat stres in jou lewe moet veroorsaak nie. As jy om een of ander rede jou gleuf mis, bid op 'n ander tyd en probeer die volgende week om weer terug te keer na jou program.

Ons sien daarna uit om jou vennoot te wees in gebed.

Terug na begin..

Reik uit na Zimbabwe!

Die Zimbabwe-uitreik kom baie vinnig nader! Ons het jou nodig. Kom en beleef wat God vandag in Afrika doen. Die uitreik vind van 24 September tot 4 Oktober 2010 plaas.
Skakel Sonette by 011-664-6149 × 217 vir meer inligting of stuur epos aan sonetteb4b@mweb.co.za

Ek wil NOU inskryf!

Terug na begin..

Geesje, Liza, Marli, Peter en Elsa by leraars van Malawi waar hulle Bybels afgelewer het. Malawi-uitreik, Julie 2010

'n Getuienis deur Elsa van Velden

“The warm heart of Africa.” Dit is wat ek waarlik beleef het hierdie afgelope twee weke, die vriendelikheid en gasvryheid van die Malawiese mense. Van ontvanklikheid kan ons die mense van Malawi niks leer nie!
Die doel van ons uitreik was om deur-tot-deur evangelisasie werk te doen sowel as om Bybel plasings te doen

Aanvanklik het ons Malawi toe gekom met die vooruitsig om 750 Bybels te kan plaas in Cape Maclear en Monkeybay areas. Ons het die voorreg gehad om saam met die leraars en tolke van die omgewing te werk. Elke dag het ons uitgegaan na ‘n dorpie waar ons as spanne deur-tot-deur evangelisasiewerk gedoen het. Dit was aangrypend om te beleef hoeveel mense nie die Here ken nie en tog so ‘n honger gehad het om God se Woord te hoor. By elke huis waar ons was het die mense hul beste matjies uitgehaal en was baie gretig om te hoor wat ons te sê het.

Ons was baie bewus van hoe afhanklik ons van die Gees was om die werk in die mense se harte te verrig. Die leraars het die persone se name opgeskryf en is verantwoordelik om opvolg afsprake met die verskeie mense na te kom. Die besonderhede van elke kerk wat geplant is, is geneem, om leiding verder aan aan die mense te gee.

Die tweede deel van die uitreik was die Bybelplasings by die kerke. Ons span het opgedeel in twee groepe waar ons verkeie kerke in twee areas besoek het. Ons het die eerste Sondag omgegaan by die kerke om kennis te maak met die mense en hulle in te lig van ons week se program. Deur die week het ons dan die spesifieke hoeveelhede Bybels by elke kerk uitgedeel. Weereens het ek ‘n nuwe definisie van dankbaarheid onder die mense gesien.

Die mense het letterlik op en af gespring oor die Bybels wat ontvang is en ek kon in hulle oë die dankbaarheid en opgewondenheid sien. Met elke Bybelplasing het ek 2 pole van emosies beleef, aan die een kant was ek saam dankbaar en opgewonde oor die Bybels wat ontvang is - en dan aan die ander kant die jammmerte vir die mense wat nie Bybels ontvang het nie. Elke dag het ons net besef hoe groot die nood vir Bybels in Malawi is. Die mense is waarlik honger na die Woord. Met een van die Bybelplasings was daar ‘n ou man wat ‘n Bybel ontvang het. Sy emosies het my hart diep aangeraak. Ek kon sien hierdie man het lank vir sy Bybel gewag en dit het my tussen die oë getref hoe bevoorreg ek is om my eie Bybel al van my kinderdae af te hê.

Deur hierdie twee weke het ek net weer besef hoe ontsaglik groot die nood is vir die Woord en vir ondersteuning in die Afrika lande. Dit maak mens amper moedeloos, tot mens besef maar elke siel wat Jesus Christus vind is een meer siel wat nie verlore gaan nie.
Ek dank die Here vir ‘n ongelooflik geseënde uitreik.

(Verskeie Gereformeerde Kerke het bygedra tot die 1,000 Bybels wat uiteindelik by gelowiges in Malawi afgelewer is - Fanie Loots).

Terug na begin..

Bykomende Kantoorruimte

Na baie gebed het ons die huis langsaan vir bykomende kantoorruimte vir die Harvesters-bedieningsfamilie verkry. Met groot vreugde het ons deur die grensmuur wat die twee eiendomme skei, gebreek en die huis as kantoorruimte begin inrig. Dankie aan almal wat 'n bydrae gelewer het en gebid het sodat ons kan groei.
Personeellede wat oorgeskuif het, loop ook met groot glimlagte aangesien hulle skielik spasie het om te beweeg - hulle was voorheen baie ingedruk (8 in twee vertrekke). Ons loof God vir sy wonderlike voorsiening.

Burundi

Nadat hierdie versoek geskryf is, het God in ons behoefte voorsien voordat ons dit kon uitstuur. Anton en Diane, sendelinge in Burundi, het 'n versoek gestuur vir 15 Bybelkommentare in die Kirundi-taal vir hul pastorale studente. Dit kan slegs plaaslik verkry word en kos US$16 elk (R1 920 vir al 15). In die verlede het Bibles for Believers Kirundi Bybels aan Anton voorsien vir gelowiges in die kerke wat hy bedien.
Deur 'n borg kon ons hierdie koste dek en verskeie Bybels koop, maar as jy nog Kirundi Bybels by die skenking wil byvoeg, merk jou skenking 'Burundi' tesame met jou vennootnommer.

Lees meer oor hierdie projek..

Terug na begin..

Die Kameelprojek 2011

Bibles for Believers sien uit na volgende jaar in die hoop om die sukses wat ons in 2010 met die Kameelprojek behaal het, te herhaal. Planne vorder goed en die idee is dat die kamele en hul hanteerders van Beitbrug na Rustenburg sal stap.

Ons hoop om in Februarie 2011 te begin en die reis sal vroeg in Mei eindig. Die kamele sal langs die pad in verskeie dorpe stop. Ons hoop om ontbytgeleenthede langs die pad te reël. Skole en kerke sal genader word om aan die projek deel te neem.


Getuienis - Jan Arends

(Jan Arends is getroud met Katriena. Hy is 47 jaar en het 4 dogters. Hy woon in Kakamas in die Noord Kaap. Jan het die span gelei wat die Kameelprojek 2010 vir B4B aangepak het vanaf Kakamas tot Heidelberg, Gauteng.)

Dit is n voorreg om u in te lig oor die projek Oranje Oes-Sending. Dit is n bediening onder die Tswana volk.

Die Here het my 1995 ‘n visie gegee om die Tswanas te bedien met die Woord van Hom. Langs die oewer van die Oranje-rivier, oos en wes van Kakamas, lê duisende hektaar besproeing grond onder wingerd en dit is hier waar 60 000 seisoen werkers (Tswanas) jaarliks oestyd kom werk. Hulle is afkomstig van die Noordwes-provinsie.

Die doel is om voltyds sendingwerk te doen en gemeentes te plant aan die oewer van die Oranjerivier. Oranje- Oes is n geloofsaak en is totaal afhanklik van die Here, Hy het my die oes laat sien en die tekortkoming gewys.

Kameel-Safarie vir Jesus

Sewe jaar gelede het ek 'n woord van die Here ontvang - om Sy Woord uit te dra met n kameel: 2010 is toe die regte tyd en saam met Bibles for Believers en hulle Bibles for Zimbabwe-projek is daar toe begin om op 20 Februarie met twee kamele 1 100 km na Heidelberg te stap . Die simbool van die kameel is Hoop vir ons land, Afrika, werêld en vir mense. Matt. 19:24-26 sê: Dinge kan by die mens onmoontlik wees, maar by God is alle dinge moontlik.

Dit was n geseënde tog en die Here het saam gewerk en so is dan fondse ingesamel om die eerste 25 000 Bybels aan te koop vir Zimbabwe om hoop daar te bring.

God is getrou.

Jan Arends (Missionary)
Posbus 330, Kakamas, 8870. Selfoon: 082 479 5085 eagle@orangeharvestchristianmission.com

Terug na begin..

Spesifieke Projekte

Die Sena Bybelprojek - Comrades - Hardloop vir Bybels!
Die Bibles-4-Zimbabwe Projek.
Burundi Projek.

Kontak ons kantoor indien jy meer wil weet of as jy wil deelneem.

Terug na begin

About Us | Site Map | Privacy Policy | Contact Us | ©2003 Company Name