Ek wil vir Bybels hardloop / Ek wil iemand uitnooi! OF Ek wil 'n hardloper borg!
Hardloop vir Bybels-uitdaging!
Read this page in English...
Bibles for Believers is op soek na Marathon hardlopers om ons te help om fondse vir Bybels in te samel. In 2009 het Hannalie Loots die Comrades Marathon (89km) in Suid Afrika gehardloop om fondse vir die Sena Bybel-projek in te samel. Sy het ‘n noemenswaardige bedrag ingesamel en hoop om dit weer te doen! Ons wil graag meer as 100 atlete vind wat ‘n geborgde Comrades vir Bibles for Believers in 2010 wil hardloop.
Indien jy - of iemand wat jy ken - alreeds vir die 2010 Comrades ingeskryf het, het ons jou hulp nodig! Bibles for Believers is nie een van die amptelike liefdadigheidsorganisasies van die Comrades nie en daarom mag jy nie met ‘n kenteken hardloop nie, maar jy kan mense vra om jou wedloop privaat te borg. Gewoonlik word atlete per kilometer geborg of anders kan borge eenvoudig ‘n eenmalige bedrag skenk ten bate daarvan om Bybels in die hande van God se kinders te kan plaas.
Om enige marathon - en veral die Comrades - te hardloop vereis enorme toewyding en harde werk. Om so ‘n langafstand wedloop te voltooi, is van onskatbare waarde vir die atleet. Nou kan jy selfs ‘n groter waarde daaraan heg deur vir Bybels te hardloop. In menige groot marathon, soos byvoorbeeld die London Marathon, is daar duisende atlete wat geborde wedlope ten bate van hul gunsteling liefdadigheidsorganisasie hardloop. Hierdie toegevoegde waarde dien as ‘n wonderlike motivering om die wedloop te voltooi - ook wanneer dit moeilik raak om vas te byt. Indien jy aan enige ander marathon in die wêreld deelneem, kan jy steeds vir Bybels hardloop. Kontak ons vir meer inligting.
Dit is baie maklik om betrokke te raak. Gebruik die vorm om jou besonderhede aan ons te stuur, sodat ons die nodige materiaal aan jou kan pos. As jy ‘n atleet ken, kan jy die uitnodiging aflaai by, of ons kan die uitnodigings aan jou pos wat jy op jou beurt weer kan uitdeel.
Indien jy belangstel, sal ons die pakket wat bestaan uit: die borgvorm; pamflette om aan potensiële borge uit te deel en al die nodige inligting, aan jou pos. Hiermee kan jy ons help om fondse in te samel waarmee ons Bybels kan aankoop.
Jy sal verbaas wees oor hoeveel mense bereid sal wees om jou te borg as jy net vra. Familie, vriende, kollegas by die werk, kerk-vriende, selgroeplede, korporatiewe borge, Facebook-vriende en selfs ander atlete. Wil jy nie vir Bybels hardloop EN jou oefen-maats uitdaag om ook vir Bybels te hardloop nie?
Die 2010 “Hardloop vir Bybels-uitdaging” sal ten bate van die Sena Bybelprojek wees.
Kontak ons vir meer inligting.
Wat kan ek doen?
- Neem hierdie projek deur u kerk, selgroep of familie aan.
- Help om bewustheid te skep en om fondse in te samel.
- Indien jy 'n hardloper is, doen 'n geborgde Comrades in 2010.
- Deponeer of stuur vandag nog jou geskenk gemerk: “Sena” en jou van.
- Bid vir hierdie projek.
- Bly op datum met hierdie projek deur ons webtuiste gereeld te besoek.
Comrades 2009
B4B (Bibles for Believers) launched the Sena Project just before the annual Comrades Marathon in May 2009 and Hannalie Loots, our office manager, ran a sponsored race for the Sena Project. She completed the 89 km race and raised just over R 30,000 for this project.
We want to raise at least R 200,000. Word for the World has agreed to try raise a matching amount and together we will try to ensure a reasonable print run and then a strategic Bible Placement.


